Zeno van Bisantium

Zeno
Keiser van die Bisantynse Ryk
’n Muntstuk wat Zeno uitbeeld.
’n Muntstuk wat Zeno uitbeeld.
Bewind 9 Februarie 474 – 9 Januarie 475
Augustus 476 – 9 April 491
Volle naam Tarasis (tot middel 460's)
Flavius Zeno Augustus (as keiser)
Dinastie Thraciese
Gebore Omstreeks 425
Oorlede 9 April 491
Voorganger Leo II
Basiliscus
Opvolger Basiliscus
Anastasius I
Eggenote Ariadne
Kinders Zenon
Leo II
Vader Kodisa
Moeder Lallis

Zeno (Latyn: Flavius Zeno Augustus, Grieks: Ζήνων; omstreeks 425 – 9 April 491) was die Bisantynse keiser van 474 tot 475 en weer van 476 tot 491. Sy oorspronklike naam was Tarasis.[1] Opstande en godsdienstige andersdenkendes het sy bewind gekenmerk, maar hy het tog in ’n mate in buitelandse sake sukses behaal. Tydens sy bewind het die Wes-Romeinse Ryk tot ’n einde gekom, maar hy het baie gedoen om die Oostelike Ryk te stabiliseer.

  1. Hy word soms Tarasicodissa genoem soos in oorspronklike geskrifte, maar dit beteken eintlik "Tarasis, seun van Kodisa"

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search